DE DOORNS
ASSISTENT PLAASBESTUURDER – TAFELDRUIWE
DE DOORNS
Ons kliënt, ‘n Tafeldruiwe Eenheid in De Doorns, benodig die dienste van ‘n jong, energieke, Assistent Plaasbestuurder op hul plaas.
Vereistes: •Graad 12 Sertifikaat •’n Na-skoolse kwalifikasie in die Landbou sal ‘n aanbeveling wees •Kennis van Tafeldruiwe sal voordelig wees maar is nie ‘n vereiste nie •’n Passie hê vir die Landbou en gewilligheid om te leer•‘n Betroubare en verantwoordelike persoon •Goeie kommunikasievermoë in Afrikaans & Engels met sterk leierseienskappe
Verantwoordelikhede: •Algehele bystand in samewerking met die Bestuurder •Seisoenale diens verrig in die pakhuis gedurende die pakseisoen asook diens op sekere naweke
Hierdie is ‘n geleentheid vir ‘n jong entoesiastiese persoon wat ‘n toekoms wil maak in die Tafeldruif bedryf.
‘n Markverwante pakket wat ‘n 13de tjek insluit, word aangebied en sluit ook behuising en ‘n plaasvoertuig in wat gebruik sal word vir besigheidsdoeleindes.
Indien u wil aansoek doen vir hierdie nuwe, opwindende geleentheid, stuur gerus u volledige CV vergesel met ‘n mees onlangse foto van uself na barinda@alphahrgroup.co.za
Aansteldatum: So spoedig moontlik
Sluitingsdatum: 21 Oktober 2020
Indien u nie van ons hoor binne 2 weke na die aansluiting nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol is.